Merise Afrikaans - Desember 2016
Afrikaans | 8 pages | True PDF | 5.4 MB
Afrikaans | 8 pages | True PDF | 5.4 MB
Het jy geweet dat daar ‘n unieke, prentjiemooi feëtjiehotel in Australië is? Dis ‘n plek waar jy op die hande gedra word terwyl jy jou telkens moet knyp om seker te maak dat jy nie dalk in droomland is nie. Dis nie goedkoop nie, maar ‘n heerlike bederf as jy dit kan doen.
Afrikaners se herkoms kan relatief maklik gevolg word omdat daar goed boekgehou was van nuwe aankomelinge en wat daarna van hulle geword het. Lees ‘n bietjie oor gene wat jy moontlik in jou saamdra of dalk gelukkig vrygespring het.
Ek het onlangs die reeks Donkerland op ShowMax ontdek. Ek moet bieg, die naam het my nie juis aangetrek nie want ek was bang vir ‘n ewige gewroeg, maar ek was aangenaam verras. Dis die storie oor die lewensloop van sewe geslagte uit dieselfde familie oor ‘n tydperk van 158 jaar, met die mooiste natuurskoon in die agtergrond.
Met Kersfees om die draai is dit tyd om die oondhandskoene uit te haal. Hoekom probeer jy nie die heerlike broskoekresep wat in hierdie uitgawe verskyn nie? As dit een van koningin Elizabeth se gunstelinge is, kan dit mos nie beter nie!
Merise wens graag vir jou en jou gesin ‘n geseënde Kerstyd toe. Mag julle ‘n besonderse tyd ervaar en die nuwe jaar net die mooiste bring vir jou en almal vir wie jy lief is.
Suzette