Tags
Language
Tags
March 2025
Su Mo Tu We Th Fr Sa
23 24 25 26 27 28 1
2 3 4 5 6 7 8
9 10 11 12 13 14 15
16 17 18 19 20 21 22
23 24 25 26 27 28 29
30 31 1 2 3 4 5
Attention❗ To save your time, in order to download anything on this site, you must be registered 👉 HERE. If you do not have a registration yet, it is better to do it right away. ✌

( • )( • ) ( ͡⚆ ͜ʖ ͡⚆ ) (‿ˠ‿)
SpicyMags.xyz

Merise Afrikaans - Junie 2018

Posted By: Pulitzer
Merise Afrikaans - Junie 2018

Merise Afrikaans - Junie 2018
Afrikaans | 100 pages | True PDF | 60.1 MB


DIE KEUSE IS JOUNE . . .

Soms gebeur daar dinge waaroor jy geen beheer het nie, maar jy kan nog altyd kies hoe jy daarop reageer. As ‘n botteltjie konfyt sou uitval wanneer jy die yskasdeur oopmaak en dit in skerwe op die kombuisvloer breek, met glas en konfyt wat in alle rigtings gespat het, is daar ‘n breukdeel van ‘n sekonde wanneer jy kan besluit hoe om te reageer. As jy besef dis maar net gravitasie wat te sterk was, sal dit waarskynlik vyf minute neem om die gemors skoon te maak. As jy woedend en luidkeels jou huismense en sommer die wêreld blameer, begin jou dag op die verkeerde voet en sal dit heel moontlik die res van jou dag omkrap.

Emigrasie is nie maklik nie, maar dit is jou keuse hoe om dit te verwerk. In hierdie uitgawe gesels ons met inspirerende vroue wat die trauma van emigrasie oorkom het en nou ‘n positiewe bydrae tot hul gemeenskap lewer. Sukses het nie oornag gebeur nie, maar hul volgehoue deursettingsvermoë is uiteindelik beloon.

Kinders word op verskillende vlakke deur migrasie beïnvloed. UNICEF het ‘n studie gemaak van migrantefamilies in welvarende lande (waarvan Australië een was) en gevind dat ‘n derde van die Australiese kinderbevolking uit migrantekinders bestaan. Hierdie kinders woon gewoonlik saam met ouers wat universiteitsgrade verwerf het en meer as die helfte van hierdie kinders se ma’s werk in die arbeidsmark. Merise berig oor verskillende wyses hoe jy jou kind kan help om by sy nuwe lewe aan te pas.

Suksesvolle migrasie word uiteindelik gemeet aan die mate waarin jy in jou nuwe gemeenskap integreer. Wat sal jy doen as jou volwasse kind swig voor Australiese sjarme en sommer die knoop wil deurhaak? ‘n Leser vertel haar storie.

Hierdie uitgawe van Merise is met liefde deur die Merise-span geskep en ontwerp. Ons hoop dat jy elke artikel sal geniet en dat vandag en elke dag mooier sal wees met ‘n vriendin soos Merise.

Baie dankie dat ons by jou kon inloer.
Groete,
Suzette

More issues archive